Image result for facebook icon

  • Panorama1
  • Panorama3
  • Panorama2

Namens die Trusteeraad van die Anglo Boere-oorlog Monument word u vriendelik uitgenooi na die derde Paul De Villiers-gedenklesing wat gehou sal word in die Kerksaal van die Strooidakkerk, Klein Reservoirstraat, Paarl, op Dinsdag 20 November 2018 om 17:00.

Dr. Retief Muller van die Kweekskool op Stellenbosch het ingewillig om ‘n voorlegging te doen. Dr Muller is ‘n kenner op die gebied van die ABO geskiedenis, veral met betrekking tot sy navorsing oor “Die Wisselwerking van Godsdiens en Politiek met verwysing na die Boerekrygsgevangenes”.

Kontak Albert Eksteen by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of by 072 198 7501 op of voor Vrydag 9 November 2018 as jy belangstel om die gedenklesing by te woon.

Die geleentheid is gratis, en daar is ook verversings.