• Panorama2
  • Panorama1
  • Panorama3

KAAPSE REBELLE

Afrikaners en lede van ander gemeenskappe wat die Boererepublieke hul steun gegee het, is deur die Britte en Britsgesindes as “Kaapse Rebelle” gebrandmerk. Die skelwoord het later jare ’n ere-titel geword vir meer as 16 000 mans wat by die Boerekommando’s aangesluit het en deur die wapen op te neem gevaar geloop het om te sneuwel, weens hoogverraad opgehang of gefussileer te word, of so nie hul plase en al hul ander besittings te verloor.

TEENSTAND: MILITÊR EN SIVIEL

Die Kaapkolonie was onder die gesag van Groot-Brittanje, destyds die magtigste nasie ter wêreld. Nietemin het talle inwoners, veral vroue, op verskeie dorpe op vreedsame wyse in die openbaar protes aangeteken. Hulle het ook die strydendes en lydendes van morele steun, huisvesting, voedsel, klere, medisyne en rydiere voorsien.