Aanhouding van burgerlikes skep verbittering.
Stel die inperking en gevangenisskap van burgerlikes voor wat ingevolge die Britse Krygswet aangehou word. Strategie van tereur om Kolonialers tot onderdanigheid te dwing.
Konsentrasiekampe
Die gebrek aan lewensmiddele, lyding, sterftes en verslaendheid.
Links op die paneel sit voor ‘n tent ‘n swart vrou, huishulp van die Boerefamilie, met ‘n kers. Sy is simbolies van die talle swartes en bruines wat getrou was aan die Boere-families by wie hulle in diens was en gevolglik moes ly. By die vrou staan ‘n hond, simbool van getrouheid, waaksaamheid en beskerming.
Man
Die manlike beeld simboliseer die Rebel wat in opstand gekom het teen die onreg wat sy bloedbroers in die Republieke moes verduur
Rebelle geskiet
Dertig Kaapse Rebelle is geskiet of gehang, soms in die openbaar
Krygswet
Burgerlikes ly: lewensmiddele gekonfiskeer; verdrukking.
Sentraal word Kaapse Afrikaners uitgebeeld wat die wapen voor Britse soldate neerlê. Regs word beslag gelê op beeste, perde en rytuie. Op die voorgrond word graanprodukte voorgestel waarop beslag gelê is.
Laborie Eikebos
Vroue vergader in die Eikebos: stuur beswaarskrif aan Britse koningin.
Beeld stedelike en plattelandse vroue in Vicktoriaanse drag uit. Twee massavergaderings is op die Eikebos-Pieniekterrein op Laborie et Picardie, Paarl, gehou waarop die aanwesiges teen Brittanje se verdrukking van die Boererepublike beswaar gemaak het.
Die sentrale figuur staan op ‘n kubus, simbool van stabiliteit en waarheid, ferm op die aarde. Langs die kubus staan ‘n beker, simbool van die baarmoeder, oorsprong van die lewe, en langs die beker ‘n klok, simbool van die wekroep wat die individu na die gemeenskaplike wêreld oproep.
Die eikebome op die agtergrond is simbole van mag, deursettingsvermoë en langlewendheid.
Op die tak sit ‘n kraai, simbool van oorlog en dood.
‘n Man met ‘n kaal bolyf stan geboë, oorgelewer aan sy lot, ‘n slagoffer van omstandighede.
Die sentrale vrouefiguur vereenselwig haar met die ander vroue en hul omstandighede.
Verskroeide aarde
30 000 plase afgebrand, alle vee gedood; ontneem Boere van voorrade.
Beeld die afbrand van Boere plaasopstalle, landerye en doodmaak van diere deur die Britse soldate uit. ‘n Desperate poging om ‘n onversetlike, trotse volk tot onderdanigheid te dwing.
Vrou
Die vroulike beeld is simbolies van die onwrikbare vrou as steunpilaar in haar gesin en vir haar volk.
Die vroulike figuur, in beklemmende doekwindsels gehul, word uitgebeeld as ‘n kolom – simbolies van die vrou as steunpilaar van haar volk. Die kolom is eweneens simbool van essensiële lewenskrag, standvastigheid, stabiliteit en wysheid, maar veral van die kommunikasie tussen aarde en hemel, mens en godheid, waarin die spirituele krag van die vrou in hierdie konteks vasgevang word.
Klem word op haar kop en gesig gevestig: Haar kop is kaal geskeer – simbolies van rou. Haar arms en bene is is simbolies deur wette en voorskrifte gebind. Sonder stemreg en polities geneutraliseer.
Tog kan sy verbaal uiting gee aan haar gevoelens en oortuigings.
Blokhuis
Weens Britse oormag word Boerekrygers gejag en vasgekeer.
Deur middel van die doringdraad word die klem gelê op die aggressie en desperaatheid van die Britse beleid van inkamping en dryfjagte om die Boere alle vryheid van beweging te ontneem.